Local sportSportUpdate

Teine Girls leer nog – afrigter na Wanderers-loesing

Hennie van Eck, Teine Direkteur van Rugby en een van die afrigters het vertel dat al het die vrouespan 36–0 verloor, glo hulle dat dinge vorentoe net beter sal gaan.

Die Randfontein Rugbyklub se vrouespan, die Teine Girls, het op Saterdag, 11 Junie weer op die veld uitgedraf om hul staal te wys.

Hennie van Eck, Teine Direkteur van Rugby en een van die afrigters van die vrouespan het vertel dat hulle ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Wanderers Rugbyklub se vrouespan gespeel het, “… omdat hulle een van die baie goeie spanne is en ons wou ook kyk waar ons staan. Ons het egter 36–0 verloor maar dit is nog steeds vir ons ‘n baie goeie uitslag vir waar ons op die oomblik is.”

Lees ook: Daar wag groot dinge vir die Teine Girls

Al het die Teine Girls albei wedstryde verloor wat hulle tot dusver gespeel het, bly hulle baie positief.

Bianca Raaths is net te laat om ‘n Wanderers-speler te lak. Foto: Michelle Roodt.

Ons weet dit lyk dalk nie altyd so op die telbord nie maar dit gaan definitief draai; ons weet waarheen ons werk. Die vroue kort net blootstelling en ondervinding, en sodra dit daar is gaan dit omdraai.”

Hennie het gesê dat daar baie positiewe dinge was, en dat die vroue veral op die verdediging regtig goed was.

“Die vroue leer nog en ek en mede-afrigter Ian van Wyk is steeds trots op hulle. Ons weet dit sal net beter gaan.”

Phiasje Combrink rank hoog in die lynstaan. Foto: Michelle Roodt.
Louise Engelbrecht gaan vir die bal. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button