School sportSport

RAM-skuts skiet voltreffers

Hulle gaan in Oktober aan die SA Interskole Boogskietkampioenskappe in die Paarl in die Wes-Kaap deelneem.

Laerskool Randfontein se RAMkat-skuts het op Saterdag, 30 Julie aan die Interskole Provinsiale Boogskietkampioenskappe by Laerskool Elspark in Germiston deelgeneem.

Skoolwoordvoerder en afrigter van die skuts, Annie Nolan het vertel dat skuts van regoor Gauteng saamgetrek het vir ‘n Bullseye- en ‘n 3D-kompetisie en dat 310 skuts van sewe tot 80 jaar deelgeneem het.

Die dag is afgeskop met ‘n optog van al die deelnemende skole en klubs waartydens elkeen ‘n pragtige vlag en gelukbringer ten toon gestel het terwyl hulle hul krete geskreeu het. RAM se RAMkat het vir groot opwinding veral onder die jong skuts, en almal wou ‘n drukkie by dié vriendelike leeu kry.”

Die RAMkat-span bestaan tans uit 22 skuts wat ‘n eerste plek in die 3D- en ‘n tweede plek in die Bullseye-kompetisie behaal het.

Riaan Celliers het twee eerste plekke in die Bullseye vir seuns en algeheel behaal, Hennie Schutte het twee derde plekke in die 3D vir seuns en algeheel verwerf, en Zinelle Smit spog met ‘n eerste plek in die 3D en ‘n tweede plek in die Bullseye vir dogters.

Zinelle Smit het ‘n eerste plek in die 3D en ‘n tweede plek in die Bullseye vir dogters behaal. Foto ingestuur.

Die RAMkat-skuts onder leiding van Annie gaan in Oktober aan die SA Interskole Boogskietkampioenskappe in die Paarl in die Wes-Kaap deelneem.

Die punte van die provinsiale kampioenskappe saam met elke skut se vier beste kompetisies wat in 2022 geskiet is, word gebruik om die provinsiale boogskietspan te bepaal. Almal kan nie wag om te hoor wie provinsiale kleure gekry het nie.”

Riaan Celliers het twee eerste plekke in die Bullseye vir seuns en algeheel behaal. Foto ingestuur.
Hennie Schutte het twee derde plekke in die 3D vir seuns en algeheel behaal. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button