High SchoolKidsLocal newsLocal sportSport

Jannas neem deel aan nasionale boogskietkompetisie

'Jan Viljoen se skuts het beslis ‘n passie vir hul sport en is ‘n inspirasie vir elke sportleerder' – boogskiet organiseerder.

Tydens die Oktober skoolvakansie het twee van Hoërskool Jan Viljoen se skuts deel geword van die jaarlikse Nasionale Boogskiet-ontwikkelingspan in die Paarl, Wes-Kaap.

Organiseerder van die boogskiet by die skool, Alicia Ellis, vertel dat hierdie eer het op twee graad 8’s – Fazlin Carimo en Roshan Rooskrantz te beurt geval en albei het Provinsiale Kleure hiervoor verwerf.

Graad 9 se Iwan Pretorius het ook aan hierdie interskole kompetisie deelgeneem.

“Jannas se boogskietspan is eers in Januarie 2022 in die lewe geroep, daarom is ons nog meer trots op hierdie drie skuts. Ons weet dat die boogskiet nog baie vêr by Hoërskool Jan Viljoen sal gaan.”

Sy het gesê dat almal drome het, maar om daardie drome te verwesenlik verg selfdissipline, moeite, harde werk en deursettingsvermoë en hierdie Jannas skuts het waarlik al die eienskappe getoon.

Al die Jannas boogskietdeelnemers het gedurende die jaar hard geoefen onder leiding van die toegewyde afrigters Alicia Ellis en Anél van der Merwe.

Volgens Alicia het twee kompetisies die jaar by die skool se sportterrein plaasgevind en Jannas het die eerste keer derde geëindig en die tweede keer sewende.

“Jan Viljoen se skuts het beslis ‘n passie vir hul sport en is ‘n inspirasie vir elke sportleerder. Baie geluk aan die drie skuts en elke ander boogskut. Jannas is baie trots op julle!”

Fazlin Carimo en Roshan Rooskrantz. Foto ingestuur.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button