Oud-Teinespelers vier weer gesellige samekoms
Die reënerige en koel weer het nie die manne gestop nie en talle oud-spelers het bymekaar gekom vir 'n heerlike reünie.
Talle oud-Teinespelers het weer vanjaar bymekaargekom vir ‘n gesellige geleentheid om te kuier, op te vang en lekker te eet.
Die reënerige en koel weer het nie die manne gestop nie en die oud-spelers het op Vrydag, 4 November bymekaargekom vir ‘n heerlike varkspit en potjie by die Randfontein Rugbyklub.
Een van die organiseerders Frans le Grange vertel dat die hele geleentheid begin het as gevolg van een van die lewenslange erelede van die rugbyklub, Christo Oosthuizen, wat dit geïniseer het.
“Ons het gekyk of ons nie weer al die oud-rugbyspelers van Randfontein wat goed gedoen het in die dorp en wat ook in besigheid goed gedoen het, bymekaar kan kry nie, en bietjie reünie te hou.”
Johan Kruger van JK Slaghuis het besluit om weer ‘n vark te borg vir die spit. Van Wyk en Oosthuizen Prokereurs het besluit hul sal ook die geleentheid borg om dit vir die manne maklik te maak om bymekaar te kan kom.
“Ons hoop en vertrou dat die mense wat hier was, dit geniet het.”