KidsLocal newsLocal sportPrimary SchoolSport

Rappies hou huissport

Rappies-atlete het onlangs hul alles gegee op die atletiekveld tydens hul jaarlikse huissport-byeenkoms wat voorverlede maand gehou is.

Laerskool Rapportryer het voorverlede maand hul jaarlikse huissport-byeenkoms aangebied.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die velditems vroeg die oggend plaasgevind het met die atlete wat alles gegee het vir ‘n plek in die atletiekspan.

“Die huissport het in goeie gees plaasgevind en gelukkig vir ons atlete het die weer mooi saamgespeel. Die span is reeds hard aan die oefen en ons sien uit na ons volgende byeenkoms in 2023 waar ons aan die graad 1-leerders en nuwe leerders weer ‘n geleentheid gaan bied om deel van die Rappies atletiekspan te wees,” het sy vertel.

Jasin Breedt. Foto ingestuur.
Jano Jacobs. Foto ingestuur.
Gert Brits. Foto ingestuur.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button