School sportSport

RAM-familie hou puik Goudfees

Altesaam 1 320 kinders het op Saterdag, 6 Mei aan rugby- en netbalwedstryde op Laerskool Randfontein se velde deelgeneem.

Laerskool Randfontein (RAM) se beker het oorgeloop van trots en is daar selfs toekomstige Springbok- en Protea-spelers geïdentifiseer tydens vanjaar se jaarlikse Goudfees wat op Saterdag, 6 Mei plaasgevind het.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat hierdie fees ‘n hoogtepunt op RAM se kalender is.

Lees ook: REM youngsters too good for Phahama Secondary

Joshua Coetzer op pad om ‘n drie te druk. Foto: Annie Nolan.

Daar was in totaal 10 rugby- en sewe netbalskole asook 1 320 spelers wat op die dag in aksie was.

Lees ook: RAM begin nuwe tradisie vir eerste rugbyspan

Robbie van Coller en Alisha Masser het die dag gereël met die hulp van ander Rammie-personeel.

“Die hoogtepunt van die dag was om te sien hoe pappa, mamma, boetie, sussie, niggie, nefie, oom en tannie die dag geniet,” het Robbie vertel.

Leanique Almeida maak reg om ‘n doel te skiet. Foto: Annie Nolan.

Annie het bygevoeg dat toeskouers en spelers vroeg reeds deur RAM se hekke gestroom het en die opwinding wat geheers het kon duidelik aangevoel word. Daar was ook talle stalletjies wat alles van speel- tot eetgoed verkoop het.

“RAM het soos oudergewoonte ons leeu – RAMkat, losgelaat om die spelers te vermaak en te bemoedig. Vermaak is ook op die verhoog gelewer deur Stefan Jansen wat bekende liedjies gesing het. Die RAM-familie was beïndruk met een van hul eie, klein Stevie in graad 3. Hy het die stem van ‘n nagtegaal.”

RAM se o9-span. Foto: Annie Nolan.

Spelers het ook pragtige medaljes ontvang wat deur Spur en Loelins geborg is.

“Die Goudfees was soos altyd ‘n reuse sukses! Aan die personeel en ouers wat so fluks gehelp het om van die dag ‘n sukses te maak, ons innige dank. Laaste maar nie die minste nie, aan al die netbal- en rugbyspelers, julle het jul goed van jul taak gekwyt! Daar is ‘n paar potensiële Springbok- en Protea-spelers onder julle.”

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button