School sportSport

RAM en Rappies meet kragte op sportveld

Laerskool Rapportryer en Laerskool Randfontein se rugby- en netbalspanne het mekaar op die sportveld ontmoet vir 'n dag vol spanning en goeie sportmangees.

Laerskool Rapportryer (Rappies) se sportvelde het soos ‘n miernes van rugby- en netbalspelers, asook entoesiastiese ondersteuners, gelyk op Donderdag, 11 Mei.

• Lees ook: Rappies klop RAM in liga- en derbystryd

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat goeie sportmangees geheers het tydens Rappies en Laerskool Randfontein se kragmeting.

Die netbal was van hoogstaande gehalte met elke sekonde wat ‘n naelbytstryd vir toeskouers was soos wat doele aangeteken word.”

Sy het vertel dat RAM se eerste netbalspan met twee doele die wedstyd beklink het.

Layla Williams. Foto ingestuur.

“Op die rugbyveld was uitmuntende spel en die seuns het hul als gegee tot die eindfluitjie geblaas is.”

Volgens Esme het Rappies se eerste rugbyspan die oorhand gehad en 21-15 gewen.

• Lees ook: RAM bo in krieketstryd teen Rappies

“Rappies wil net al die spelers, personeel en ondersteuners bedank vir ‘n suksesvolle dag met groot gees.”

Jayden Edwards. Foto ingestuur.
Lizerie Pretorius. Foto ingestuur.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button