Twee Hoërskool Westonaria-rugbyspanne wen Noordvaal-beker!
Die trots loop oor by Hoërskool Westonaria nadat twee van hul rugbyspanne die onderskeie Noordvaal-bekers huis toe gebring het.
Hoërskool Westonaria is in die sewende hemel nadat beide hul o15 en eerste rugbyspanne as kampioene gekroon is van hul onderskeie Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) se Noordvaal-beker ligas.
Die eindstryde het einde verlede maand in Roodepoort plaasgevind.

Die o15s is Afdeling 5A-wenners nadat hulle Germiston Afrikaans Hoërskool met 19–0 geklop het. Wat die eerste span aanbetref, het hulle op ‘n drafstap vir Hoërskool Roodepoort 38–10 slae gegee.
Volgens onderwyser en skoolwoordvoerder Ashley van der Westhuizen was die o15s ook verlede jaar se GLRU-wenners.

“Ons is geweldig trots op ons seuns,” het Van der Westhuizen gesê.
Boonop was vyf spelers ook gekies vir die o19 Lynx-span.



