School sportSport

Rappies-rugby sit die bal aan die rol

Rappies se rugbyspanne is reg vir die rugbyseisoen na prettige rugbykamp.

Laerskool Rapportryer se rugbyspanne het ‘n avontuurlustige rugbykamp by Camp Discovery bygewoon om voor te berei vir die komende seisoen.

• Lees ook: Rappies rugby wys wat in hulle steek

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, was die kamp nie net ’n fisieke voorbereiding nie, maar ook een wat spanbou en dissipline bevorder het.

Sy het bygevoeg dat die seuns onder leiding van ervare afrigters hard gewerk het aan hul fiksheid, spelstrategieë en tegniese vaardighede. Elke dag was vol uitdagings, insluitend vroegoggend-oefensessies, vaardigheidsontwikkeling en spanaktiwiteite wat die spelers se eenheid versterk het.

Sy het verder gesê dat die kamp ‘n reuse sukses was.

Ons rugbyseuns het ongelooflike deursettingsvermoë en spanwerk getoon. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle mekaar ondersteun en as ‘n span groei.

“Hierdie kamp het hulle nie net fisies sterker gemaak nie, maar ook selfvertroue gebou vir die uitdagings wat voorlê,” het sy gesê.

“Wat hierdie span nog meer spesiaal maak, is hul toewyding om hul Godgegewe talente ten volle te benut. Met harde werk, geloof en ‘n passie vir die spel is ons o9- tot eerste spanspanne gereed om hierdie seisoen ‘n merk te maak.”

Mason van Zyl en Rewhan Kelly veg die opponent vir die bal. Foto: Natalie Coetzee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button