School sport

Riebeeckrand blink uit by D2 in Noordheuwel

Agt atlete van Hoërskool Riebeeckrand het gekwalifiseer vir die provinsiale atletiekkampioenskappe na spog-vertonings by die D2.

Hoërskool Riebeeckrand spog met ‘n handvol atlete wat onlangs aan die D2-atletiekuitdunne by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem het.

Hulle is:

• Stephan Joubert – 1 500m langafstand (tweede plek)
• Dean Moolman – Spiesgooi (tweede plek)
• Delarey van den Berg – 200m (eerste plek) en 100m (tweede plek)
• Danika Viviers – Diskus (tweede plek)
• Liesl Pio – 400m hekkies (eerste plek)
• Pitso Lefosa – 400m kortafstand (tweede plek)
• Tshepang Motaung – 110m hekkies (tweede plek)
• Gontse Seatle – 400m (eerste plek) en 100m (tweede plek)

Volgens skool woordvoerder Carina Collins het agt atlete dus gekwalifiseer vir die provinsiale atletiekkampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button