Lifestyle

Opwinding en pret vul Rappies se kleuteratletiek

Kleuters van o3 tot o7 het met groot entoesiasme deelgeneem aan Rapportryer se opwindende atletiekdag vol spel, lag en medaljes.

Laerskool Rapportryer het onlangs ’n opwindende kleuteratletiekdag aangebied waaraan kleuters van onder drie tot onder sewe jaar deelgeneem het.

Ten spyte van die warm son was die dag vervul met opwinding, vrolike gesiggies en ware gemeenskapsgees. Volgens die skoolwoordvoerder, Celeste Wentzel, het die jong atlete met groot entoesiasme aan verskeie prettige items deelgeneem, waaronder hekkiespring en gewigstoot met boontjiesakke, wat ouderdomsgepas en veilig aangebied is. Elke deelnemer het aan die einde van die dag ’n medalje ontvang, wat groot trots en vreugde vir die kleuters gebring het.

Die McCarthy-gesin is Renesmé, sus Jade en boet Maximus. Foto ingestuur

Ouers en ondersteuners het die dag saam geniet, terwyl die opgewekte atmosfeer verder aangevul is deur stalletjies met uitsoek-lekkergoed, van maaltye en vars springmielies tot gewilde wafelkegels.

“Die dag was ’n ware spanpoging. Ons bedank graag leiervoog, juffrou Magda Swart, en haar toegewyde leiers vir hul harde werk en die uitstekende stalletjies wat ’n groot bydrae tot die sukses van die dag gelewer het,” het Celeste gesê.

Dihan Engelbrecht in gr 1 proe sy medalje. Foto ingestuur

Sy het bygevoeg dat die organiseerders, Andre Tomas, ook bekend as AT Kruger, en Brandon Viviers, besonderlik bedank word vir hulle voortreflike beplanning en toewyding wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Die kleuteratletiekdag het weereens bewys dat Laerskool Rapportryer ’n skool is waar ontwikkeling, pret en samehorigheid hand aan hand gaan, selfs onder die warm son.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button