Dis straatbraai tyd in Queenswood vir Rian van Heerden se verjaarsdag
As ’n bonus sal die gewilde sanger, Brendan Peyper, ook optree.
Jacaranda FM se Scenic Drive, aangebied deur Rian van Heerden, sal Vrydag, 2 November hul volgende straatbraai in Pretoria aanbied.
Die braai gaan ekstra spesiaal wees aangesien dit ook Van Heerden se verjaarsdag sal vier.
Dié Straatbraai vind plaas op die hoek van Webb- en Garretlaan in Queenswood en sal regstreeks uitgesaai word tussen 16:00 en 19:00.
LEES OOK: UPDATE: Jacaranda FM to appear before broadcasting commission
Enigiemand is welkom om die #Straatbraai by te woon.
“Die tiende Jacaranda FM Scenic Drive Straatbraai beloof om die grootste een nog te wees en ek kan nie aan ’n beter manier dink om my verjaardag te vier nie,” sê Van Heerden.
As ’n bonus sal die gewilde sanger, Brendan Peyper, ook optree.
“Die Straatbraai-inisiatief is uiters gewild en ons het tonne pret gehad by elke braai tot dusver.
“Wat in Februarie vanjaar begin het as ’n geleentheid vir mense om bymekaar te kom, om weer hulle bure te leer ken en ’n sin van ’n gemeenskaplike doel te skep, het gegroei na ’n geleentheid waar meer as 800 mense by een van ons onlangse braaie was – dis omtrent iets om te aanskou en die gees is fenomenaal,” verduidelik Van Heerden verder.
“Die ou gewilde straatbraaie is iets wat so deel was van die Suid-Afrikaanse kultuur, maar om een of ander rede doen ons dit al vir jare nie meer nie.
“Nou hou ons weer straatbraaie en kom byeen as Suid-Afrikaners – ongeag van agtergrond of herkoms.
“Ons nooi die hele Pretoria om hierdie Vrydag by ons aan te sluit om ’n braai, iets te drinke en ’n lekker kuier saam te geniet – als op maat van ‘more music you love!’ ”
LEES OOK: NEWSFLASH: Tumi Morake announces departure from Jacaranda FM
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
