Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

‘Trekker’ durf die voetspore van die Voortrekkers aan

Die dokumentêr wat met nuwe oë na die tog van die Voortrekkers kyk, is onlangs in Pretoria bekendgestel.

’n Opwindende dokumentêr wat ’n moderne blik op die Voortrekkers se geskiedenis werp, is Saterdag by die Brooklyn-teater in Pretoria bekend gestel.
Die dokumentêr handel oor die 175e herdenking van die Groot Trek wat deur die Groot Trek Viertrek aangepak is. Die ‘trek’ het die voetspore van Piet Retief, een van die leiers van die Groot Trek, met 4×4-voertuie vanaf die Kaap tot in Natal gevolg.
Dr Danie Langner, uitvoerende hoof van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en Gerhard Groenewald, eienaar van die Goodyear Academy, het die leisels van die tog geneem. Na vier maande se beplanning het 34 mense, die jongste wat ’n jaar oud is en die oudste 65, ’n twee week lange reis oor 5 000km aangepak. Die tog het by Klipbokop in die Wes-Kaap begin en by die Bloedrivier-monument en Retief se graf naby Ulundi afgesluit, waar ’n gedenksteen opgerig is.
Langner het gesê hy het beoog om ‘vryheid’ uit die hand van die Groot Trek te verduidelik. “Hierdie dokumentêr is ’n gevallestudie van ’n uitreik na vryheid en wat dit vir die Voortrekkers beteken het. Dit is ook ’n poging om die Afrikaner se geskiedenis op ’n moderne wyse voor te stel,” het hy bygevoeg.
Die projek van multi-miljoen rand het oor twee weke gestrek. Ongeveer 5 000 minute is verfilm waarvan slegs 192 minute gebruik is om vier episodes te vervaardig. Sewentien organisasies was by dié projek betrokke.
Die eerste episode sal vanaf 10 Julie op KykNET te sien wees.
Lagner het gesê hulle beoog om die dokumentêr ook aan skole beskikbaar te stel sodat skoolkinders weer die geskiedenis van die Voortrekkers kan leer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button