NewsSchool sportSchoolsSport

Noord-Gauteng liga-sagtebalspanne kompeteer

Verskeie plaaslike skole het geveg om die titel as sagtebalkampioene in hul verskeie ouderdomsgroepe tydens die Noord-Gautengse liga.

Hoërskool Eldoraigne se eerste-sagtebal meisiespan en die meisies o.15 A-span het na afloop van die liga deurgedring na die semi-finale rondte van die Noord-Gauteng liga. Tydens die semifinale het die o.15’s gelykop 1-1 teen Pretoria-Noord gespeel, waarna hulle naelskraaps verloor het in die uitspeelrondte.

Intussen het die eerstespan tydens hul semifinale teen Hoërskool Centurion se B- span gewen. In die finaal het die eerstespan teen Hoërskool Centurion se A-span te staan gekom en na ’n verbete stryd van ’n uur en vyftien minute het Hoërskool Centurion die oorhand gekry en 6-4 gewen. Hoërskool Eldoraigne se eerstespan het dus tweede plek in Noord-Gauteng liga beklee. ’n Graad 9-leerling, Melissa Nel (links), is aangewys as die beste o.15 kolwer asook die beste kolwer in Noord-Gauteng. Die provinsiale spanne is ook aangekondig en Melissa en Karlu Lyons (regs) is vir die o.15 Noord-Gauteng se Blue Sox (A-span) gekies. Anneke Beukman (middel) is vir die o.17 Blue Sox van Noord-Gauteng gekies. Hierdie spelers gaan deelneem aan die einde van die jaar se provinsiale toernooie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button