Local newsNews

Sterkman-kampioen sleep ‘Flossie’ manalleen

Hy het al vragmotors gesleep en hy het al treine gesleep, maar Donderdagoggend in Centurion was die vraag op almal se lippe: Kan hierdie agtmalige Suid-Afrikaanse sterkman-kampioen werklik ’n C-160 Transall-vliegtuig sleep? Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum (SALM), in samewerking met XL, die wêreldbekende energiedrankie, het die Suid-Afrikaanse sterkman Etienne Smit, uitgedaag om ’n C-160-vliegtuig Donderdag by …

Hy het al vragmotors gesleep en hy het al treine gesleep, maar Donderdagoggend in Centurion was die vraag op almal se lippe: Kan hierdie agtmalige Suid-Afrikaanse sterkman-kampioen werklik ’n C-160 Transall-vliegtuig sleep?
Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum (SALM), in samewerking met XL, die wêreldbekende energiedrankie, het die Suid-Afrikaanse sterkman Etienne Smit, uitgedaag om ’n C-160-vliegtuig Donderdag by die Zwartkop-lugmagbasis in Centurion te sleep.
Die C-160 is nie sommer enige hierjy vliegtuig nie. Dis ook onder dienspligtiges uit die dae van die bosoorlog bekend as die ‘Flossie’. Hierdie staatmaker van ’n passasiersvliegtuig, wat 64 ten volle uitgeruste valskermsoldate of 94 gewone passasiers kan vervoer, het bekendheid gedurende die Bosoorlog in Angola verwerf. Nog nooit het ’n enkele persoon probeer om hierdie vliegtuig manalleen te sleep nie. Die vliegtuig is nie net reusagtig nie, dit het immers ’n vlerkspan van 42m, en ’n stert wat 12m van die grond op staan, maar uit ’n tegniese oogpunt gesien is dit ’n massiewe uitdaging.
“Hierdie vliegtuig het geweldige groot en breё bande, aangesien dit ontwerp was om doeltreffend te land en op te styg op en van ongeteerde vliegvelde,” het die SALM verteenwoordiger, lt kol Mike O’Conner verduidelik. “Etienne Smit sal moet uithaal en wys om hierdie ongelooflike uitdaging te bereik,” het hy gesê.
Almal wat die geleentheid bygewoon het, het in spanning gewag om te sien of Smit sou slaag. Hy het egter nie teleurgestel nie en met brute krag het Smit uiteindelik manalleen hierdie legendariese vliegtuig ’n volle 21m ver getrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button