CrimeLocal newsNews

Wees paraat by bank

Wat om te doen wanneer jy groot hoeveelheid geld by bank trek.

Rowers wat inwoners volg nadat hulle geld by ‘n bank getrek het steek al meer kop in Pretoria uit. Die polisie deel wenke hoe om nie ‘n slagoffer te wees nie. Die owerhede het die laaste paar maande meer gevalle opgemerk waar rowers inwoners volg van ‘n bank nadat hulle groot hoeveelhede geld getrek het voordat hulle hul beroof.

Sinoville-polisiewoordvoerder, Mirna von Benecke het gesê gevalle waar inwoners van ‘n bank agtervolg word, strek van die noorde van Pretoria tot en met Centurion wat die afgelope paar maande aangemeld is.

Von Benecke het gesê om nie ‘n slagoffer van so ‘n rooftog te word nie moet hulle dit vermy om groot bedrae geld by banke te trek.

“Mense moet eerder, indien moontlik, interne oorplasings binne die bank doen,” het sy gesê.

Sy het ook gesê indien daar ‘n groot bedrag getrek moet word, moet mense dit vermy om alleen bank toe te gaan. Sy het ook uitdruklik gewaarsku dat mense op die uitkyk moet wees of hulle agtervolg word.

Verder het sy gesê wanneer jy opmerk dat jy agtervolg word moet jy na die naaste polisiestasie ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button