Local newsNews

Barmhartige Samaritaan bring hoop

Nuwe kinderhuis open sy deure in die Moot

’n Barmhartige Samaritaan se vrygewigheid het gesorg dat ’n nuwe kinderhuis in die Moot op die been kom.

Die Doxa Deo Moot-gemeente het onlangs die Victory Kidz Moot-kinderhuis amptelik geopen.

’n Vrygewige inwoner het R1-miljoen aan die kerk beskikbaar gestel om hulle in staat te stel om die kinderhuis te begin.

Pastoor Johann Cloete het sy dankbaarheid teenoor die donateur uitgespreek.

“Ons het tans ses kinders in ons sorg, maar die huis is ingerig om nege kinders te huisves,” het hy gesê.

Alan Platt, Doxa Deo se visionêre leier, het gesê die kerk van Christus is geroep om ’n verskil in die samelewing te maak.

Tydens die inhuldigingsseremonie by die Victory Kidz Moot-kinderhuis, het Platt die kinders en personeel aan die Here toegewy en Leana Platt het die gebruiklike lint geknip.

Helena Jackson, die direkteur van Umephi (’n afdeling van die AGS se welsynsraad), het oor die vennootskap tussen Doxa Deo en Umephi en die droom om kinders se lewens te raak, gepraat.

Doxa Deo in vennootskap met Umephi bedryf altesaam agt kinderhuise met 64 kinders waarvan 23 babas met spesiale behoeftes is.

Navrae: René Cloete van Victory Kidz Moot by 084-015-4515 of stuur ’n e-pos na rene.cloete@doxadeo.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button