Musiek in die Tuin bekoor
Johnny Clegg had music lovers on their feet at the Music in the Garden concert over the past weekend.
Musiekliefhebbers het die afgelope Sondag in hulle massas na die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine opgeruk vir ‘n dag vol musiek, kuier saam met vriende en pret in die son.
Opgewonde aanhangers kon nie wag om die musieklegende Johnny Clegg in lewende lywe te sien nie en het reeds van vroegdag plek op die gras ingeneem, gewapen met piekniekmandjies en komberse.
Clegg het soos gewoonlik nie teleurgestel nie en aanhangers kort voor lank op hulle voete gehad met bekende treffers soos Spirit of the Great Heart en Impi. Ander trots Suid-Afrikaanse groepe Shortstraw en Tailor het ook elk ‘n draai op die verhoog gemaak en die musiek het tot laatmiddag deur die tuine weerklink.
Dié konsert vorm deel van die reeks Old Mutual Music in the Gardens-konserte wat regoor die land gehou word.








