Plaaslike jong man vir Dowe Nasionale Rugby Span gekies
'n Jong man van Capital Park is onlangs vir die Dowe Nasionale Rugby Span gekies.

‘n Jong man van Capital Park is onlangs vir die Dowe Nasionale Rugby Span (DNRS) gekies.
Marius Badenhorst (23) het die Spesiale Onderrig Blou Bul Span die afgelope drie jaar gehaal en is vanjaar gekies om vir die DNRS te speel.
Sy ma Belinda sê Marius speel al van sy skooljare by Transoranje Skool vir Dowes rugby en is gek oor die sport.
“Hy het na skool met sy afrigter gepraat, wat toe ‘n span by die Eagles Rugby Club ingeskryf het en daar is hy vir die dowe span gekies,” het Belinda gesê.
Belinda sê daar sal moontlik in 2015 ‘n Wêreldbekertoernooi vir dowe spanne wees.
Marius is trots op sy jongste prestasie.
“Ons is almal opgewonde en bly dat ons vir ons land kan rugby speel en bevoorreg om oorsee te kan gaan vir hierdie geleentheid,” sê hy.
“Dit is wonderlik dat dowes ook die geleentheid kry om hulself so te kan bewys.”
Belinda en haar man Willie se trots ken geen einde nie.
“Elke ma wil die beste vir haar kind hê. Ons ondersteun Marius in alles,” sê sy.
Vir meer gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ons Facebook en Twitter blaaie.
