CrimeLocal newsNews

Dwelms by voorskool gekry

’n Villieria voorskool-werknemer is Donderdag op skoolgronde oor die besit van dwelms in hegtenis geneem.

‘n Werknemer van Green Nest-voorskool in Villieria is Donderdag tydens skoolure oor die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Dié dwelms was glo in ‘n badkamer by die skool versteek.

Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, sê die polisie het inligting ontvang dat daar moontlik dwelms by die skool is. Hulle het omstreeks 11:00 toegeslaan en die 64-jarige vrou in hegtenis geneem nadat die dwelms ontdek is.

“Die dwelms is na ‘n labratorium gestuur vir ontleding.”

Die Green Nest-voorskool wou nie onmiddelik kommentaar lewer nie.

Die saak word nog ondersoek.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button