CrimeNews

Vrou duisende kwyt ná diefstal

Vrou R5 000 kwyt nadat vroue haar by OTM besteel.

‘n Vrou van Orchards is R5 000 kwyt nadat twee verdagte vroue haar glo by ‘n Capitec-OTM besteel het.

Rentia Stumke het Woensdagaand R5 000 by die OTM in Wonderpark gaan onttrek toe ‘n vrou skielik teen haar stamp.

Stumke het haar bankkaart in haar beursie gebêre voordat die R5 000 by die slot uitgestoot is. Voor sy die geld kon vat, het die vrou liggies teen haar gestamp.

“Ek was verward en het gedink ons het dalk perongeluk teen mekaar gestamp. Ek het vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde weggekyk en toe ek weer kyk, was die geld weg.”

Volgens Stumke was daar ‘n jonger vrou wat agter hulle gestaan het en Stumke vermoed dié vrou het die geld uit die OTM gevat terwyl die ander vrou haar besig gehou het.

Stumke het gesê sy het die voorval by die sentrumbestuur aangemeld, maar nog nie die saak by die polisie aangemeld nie.

Volgens Elzette Schuster, woordvoerder van Wonderpark, het Stumke ‘n diefstal-klag by hulle aangemeld. “Ons wag vir terugvoer van die veiligheidsafdeling rakende die binnekring-beeldmateriaal van Woensdag,” het sy gesê.

Schuster versoek kliënte om enige voorvalle so gou as moontlik onder hulle aandag te bring sodat dit ondersoek kan word.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button