Theunis Nel stap steeds sy pad tot herstel
Bekende-TV aanbieder weer in vir operasie na gru-ongeluk.
Televisie-aanbieder Theunis Nel stap steeds die lang pad na volle herstel na ‘n motorfietsongeluk verlede jaar wat hom sy regterarm gekos het.
Hy moet steeds operasies ondergaan. Die mees onlangse een was verlede Vrydag om ‘n metaalraam, tegnies bekend as die Ilizarov-apparaat, aan sy been te heg.
Nel hou sy aanhangers op hoogte via sy Facebook-blad ‘Theunis Nel – WOEMA – Updates!’.
In ’n onlangse inskrywing sê hy: “My Survivor game hier in die vierkant-tronk, wat my vrou ons kamer noem, gaan wonderbaarlik goed. Die Here is goed vir my, ons, en het my die tyd gegee om Hom beter te leer ken en om my verhouding met hom te versterk. Ek glo daar is ‘n rede hoekom ek nog nie kon op nie. Al is die rede om ‘n verskil in net een ander mens se lewe te maak is dit beslis die moeite werd.”
Hy voeg by: “Elke dag besef ek hoe geseënd ek is. Ek het ‘n familie wat my baie lief het, vriende wat daar is vir my, gebede van soveel mense, en my linkerhand!”
Nel se mees onlangse operasie, uitgevoer deur Dr Hannes Jonker en sy span by Mooimed Potchefstroom, was ’n sukses. Nel hoop om die been binne ses weke, na intense fisioterapie, weer te kan gebruik.
Nel het gesê: “Ek is baie dankbaar vir die blad (Facebook) wat so kon groei en nou ook vir ander die ondersteuning kan vra, gebede kan opdra. Moet asb. nie huiwer om vir iemand hier in te staan nie. Dankie vir elkeen hier, jul ondersteuning en gebed. Dankie vir my maats wat ons onvoorwaardelik bystaan. Dankie vir my familie, julle is net ongelooflik. Dankie aan my engel deur God gestuur.”
Lees ook:
Presenter’s arm amputated after accident
Actor awake after gruesome accident
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.



