CrimeNews

Jong meisie van die Vrystaat pleeg selfmoord

'n Jong meisie van Kestell, Vrystaat het Sondag selfmoord gepleeg.

‘n Jong graad 9-leerling aan die Hoërskool Retief, Deoni Vermaak (16), het Sondagmiddag in Kestell in die Vrystaat haar eie lewe geneem.

“Niemand moet skuldig voel oor wat ek gedoen het nie. Dit is niemand se skuld nie. Weet dat ek julle almal liefhet,” het Deoni Vermaak in haar laaste briefie aan geliefdes geskryf. Sy het haarself met ‘n skooldas in haar kamer opgehang.

Vermaak se familie is volgens gerugte nog in ongelooflik geskok, en het glad nie hierdie sien kom nie.

Vermaak was een van vier dogters, en sy word deur haar geliefdes beskryf as ‘n persoon met ‘n borrelende persoonlikheid.

Deoni sal Vrydag om 11:00 begrawe word in die NG kerk op die dorpie, Kestell.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button