Wonderboompoort selfoon-diewe aangekeer
Drie selfoondiewe wat skoolkinders geteiken het, is onlangs aangekeer.

Corlia Kruger
‘n Man en twee vroue wat van selfoondiefstal naby skole verdink word, is onlangs in hegternis geneem.
‘n Lid van Wonderboompoort sektor 2- polisiëring het vertel hoe dié drie boewe in besit van selfone en ‘n tablet gevang is. Die items het voldoen aan die bekrywing van skoolkinders se gesteelde goedere.
Een van die sektor se patrollie-eenhede het glo die twee verdagte vroue in die vroeë oggendure gewaar. Hulle is agtervolg tot waar hul ‘n verdagte man ontmoet het.
Die man is in ‘n wit Toyota Conquest verder agtervolg en later in die Mountain View-omgewing vasgetrek. In die voertuig is ‘n tablet en ‘n skerpgemaakte skroewedraaier gevind.
Vroeër die maand is ‘n voorval gerapporteer waarin ‘n skoolseun met ‘n skroewedraaier deur die hand gesteek is. Polisie vermoed die skroewedraaier wat by die verdagtes gevind is, kan met die aanval op die skoolseun verbind word.
Kort nadat die man in die Toyota aangekeer is, het polisie ook die twee vroue in hegtenis geneem. Hulle is in die besit gevind van gesteelde selfone wat vroeër deur skoliere as gesteel aangemeld is.
Die drie verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
