Voertuig vat vlam in noorde
’n Brand het Dinsdag in Sefako Makgatho rylaan gewoed.
‘n Voertuig het Woensdag vlamgevat by ’n motorhandelaar in Sefako Makgathorylaan in die noorde van Pretoria.
’n Ooggetuie vertel dat die brand omstreeks 11:30 by Wilfra Motors ontstaan het. Rook het soos ’n wolk in die lug gehang en die brandweer is ontbied.
Die eienaar van die onderneming vertel dat hy vroeër die dag ’n minibus gekoop het. Een van sy werknemers het skynbaar die voertuig in die vertoonlokaal parkeer net voordat die brand ontstaan het.
“Die bestuurder is in die hospitaal, so ek is nie seker wat gebeur het en hoe die brand ontstaan het nie,” sê die eienaar.
Daar word bespiegel dat ’n kortsluiting die brand kon veroorsaak het, maar ondersoeke sal vasstel wat die werklik gebeur het.
“Wonderboom-brandweer was op die toneel en ’n rukkie gevat om die vlamme te blus,” sê die woordvoerder van Tshwane-nooddienste, Johan Pieterse.
“Ons vermoed die werkers het die vlamme met water probeer blus, wat veroorsaak het dat die vlamme versprei het.”
Die vlamme is uiteindelik met ’n poeierstof geblus. Die minibus, twee voertuie en ’n woonwa het uitgebrand. Nog vier voertuie is beskadig.
Kyk na die video hier:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
