CrimeLocal newsNews

Energieke boosdoener vasgekeer

’n Verdagte rower is vasgekeer na hy verskeie kere probeer ontsnap.

‘n Energieke boosdoener is agter tralies nadat hy en ‘n medepligtige voetgangers in die Karenpark-omgewing beroof het.

Voorsitter van die Amandasig-aksiegroep (AAG), Erich Landsberg, sê dit was moeilik om dié kalant aan te keer.

Die man het telkens voet in die wind geslaan om die GPF en polisie te ontwyk.

Beeldmateriaal wat aan Rekord verskaf is, wys hoe die verdagte weer probeer ontsnap nadat hy aangekeer is en in een van die AAG-lede se voertuig na die polisiekantoor geneem word.

Die rower is vroeër Dinsdagmiddag in Karenpark deur inwoners gewaar.

Hy en ’n medepligtige het glo verskeie voetgangers met ’n vuurwapen beroof. Die AAG en polisie is ontbied nadat die man uitgeken is as een van die verdagte rowers.

“Hy het gehardloop en in ’n taxi gespring om te probeer wegkom,” vertel Landsberg.

Polisie en AAG-lede het die pad versper en die man vasgekeer.

“Ons het die man in die kar gelaai en was op pad om sy medepligtige ook by een van die tonnels in Karenpark op te tel waar hy weggekruip het,” sê Landsman.

Landsman sê hulle was naby die tweede verdagte se skuilplek, toe die man in die voertuig besluit het om weer te probeer vlug.

“Hy het sy hande losgekry en uit die kar gespring.”

Beeldmateriaal van ’n paneelbord-kamera (‘dashcam’) wys hoe die man probeer weghardloop, maar gou weer aangekeer word.

Kyk hier na die video:

“Ongelukkig, in die tyd wat dit ons geneem het om die man weer te vang, het die tweede verdagte weggekom,” sê Landsman.

Daar word vermoed dat die twee voetganger-rowers ’n speelgoed-vuurwapen gebruik het om mense van hul besittings beroof. Dit is egter nie bevestig nie en die publiek word gevra om op die uitkyk te bly vir die tweede rower.

Landsberg bedank AAG-lede, Maximum Security en die polisie vir hul ‘blitsvinnige’ reaksie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button