Grypdief-bende teiken strate
Beeldmateriaal wys hoe maak boosdoeners teiken maak op mense in strate in die noorde van Pretoria.
Corlia Kruger
Akasia polisie waarsku inwoners in Amandasig en omliggende omgewings om op die uitkyk te bly vir drie verdagte diewe wat meestal voetgangers voorkeer en besteel.
Volgens gerugte ry die diewe gereeld rond in ’n donker grys Nissan NP200 bakkie, maar wissel ook tussen ’n BMW en Corsa bakkie.
“Hulle ry rond opsoek na voetgangers, veral vrouens wat handsakke saam met hulle dra oppad werk toe. Hulle sal dan in hul voertuig stop, een sal uitspring en die mens van sy of haar besittings beroof,” het ’n inwoner in Akasia onlangs vertel.
Nog ’n inwoner, Enrico Jacobs, vertel dat dié boewe se teiken-area wyd strek in die noorde. “Hulle ry met gesteelde en vervalsde nommerplate rond en dan gebruik hul ook verskeie voertuie.”
Twee verskeie video opnames was gemaak wat wys hoe een van die verdagtes, geklee in n strepieshemp, ’n vrou se handsak gryp in Pretoria-Noord en vroeër (tydens ’n aparte voorval) die nommerplaat van ’n voertuig af steel.
Donderdagoggend het ’n inwoner op Facebook gerapporteer dat ’n verdagte wit Bantam bakkie opgemerk is naby die Madelief sentrum.
Drie insittendes is in die voertuig gewaar wat stadig in Compactastraat af beweeg het tot in Lucas Meyerstraat. Dit was nie bevestig of dit dieselfde verdagte grypdiewe is nie, maar inwoners word gewaarsku om nie self enige verdagte persone in voertuie self te konfronteer nie.
Operasionele bestuurder van die Amandasig Aksiegroep, Erich Landsberg, het gesê dat inwoners ook welkom is om die AAG te kontak as hul een van die verdagte voertuie gewaar.
In samewerking met die polisie en GPF in die area, kan inligting van inwoners help om die grypdief-bende spoedig vas te keer.
Kyk hier na die videos:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
