CrimeLocal newsNewsUpdate

Grypdiefbende slaan weer toe

Vrou vertel hoe sy die slagoffer geword het van 'n grypdief.

Corlia Kruger

Die berugte grypdiefbende in die noorde van Pretoria het weer toegeslaan en ‘n vrou hierdie week beroof.

“Ek kan nie die angs beskryf wanneer hierdie vreemde kar uit die bloute reg langs jou stop en ’n man uitspring om jou handsak te gryp nie,” vertel die vrou, wat verkies om naamloos te bly.

Sy was op pad na ’n winkelsentrum in Pretoria-Noord toe dit gebeur het. Haar beursie en selfoon was in haar handsak wat uit haar hande gepluk is.

“Ek loop dikwels winkel toe in die middag en dis die eerste keer dat só iets met my gebeur het.”

Die vrou sê sy kan nie onthou hoe die dief gelyk het nie. Sy is ook nie seker of daar enige medepligtiges saam met hom in die voertuig was nie.

Akasia se polisie het inwonmers verlede Donderdag gewaarsku teen die grypdiewe wat in Amandasig en omliggende buurte doenig is.

Die aanduidings is dat daar drie bendelede is wat in ’n donkergrys Nissan NP200-bakkie rondry. ’n BMW en Corsa-bakkie is ook al opgemerk.

Die diewe gebruik skynbaar nommerplate van gesteelde voertuie, wat dit moeilik maak om hulle op te spoor.

Enigiemand met meer inligting word gevra om die naaste polisiestasie of GPF te skakel.

Lees ook: 

Grypdief-bende teiken strate

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button