Koevoet-boef steeds gesoek
Inwoners word gevra om op die uitkyk te bly vir die man wat ’n bejaarde aangeval het met ’n koevoet en snoeiskêr.
Corlia Kruger
Die polisie is steeds op soek na die man wat ‘n bejaarde die naweek met ‘n koevoet en ‘n snoeiskêr in Amandasig aangeval het.
Abraham Smit (63) is Sondagaand deur die boef by sy woning in Amandasig aangeval.
Terwyl hy in die hospitaal was, is by sy motorhuis en huis ingebreek.
Verskeie items was gesteel, waaronder die twee agterwiele van Smit se Corsa bakkie, asook ‘n grassnyer en kantsnyer. Die dief het glo die buit in ‘n kruiwa weggestoot.
Die aanvaller is beskryf as lank en maer en is glo vloeiend in Engels. Daar word vermoed dat hy moontlik nog in Amandasig kan wees.
Die Akasia-polisiekantoor stel ondersoek in.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.
