CrimeLocal newsNewsUpdate

Grypdief-bende steeds soek

Die grypdief-bende wat teiken maak op voetgangers en vroue met handsakke word steeds gesoek.

Corlia Kruger

Die Akasia-polisie het voetgangers en inwoners in die noorde van Pretoria gewaarsku om paraat te wees vir drie vermeende grypdiewe wat die afgelope twee weke in die area doenig is.

Die grypdiewe teiken mense op straat en veral vroue-werknemers wat op pad na of van hul werkplek is.

Beeldmateriaal wat verlede week op sosiale media versprei is, wys hoe een van die verdagtes (geklee in ‘n strepieshemp) ‘n handsak uit ‘n voetganger se hand ruk.

Dieselfde selfde man was ook gesien waar hy die nommerplaat van ‘n voertuig af steel, terwyl hy deur ‘n sekuriteitskamera afgeneem is.

Die verdagtes ry skynbaar in ‘n donkergrys Nissan NP200 bakkie – wat in beide beeldopnames verskyn. Daar word ook beweer dat hulle van ‘n BMW en Corsa gebruik maak.

“Wat dit moeilik maak om hulle op te spoor is dat hulle verskeie gesteelde nommerplate gebruik,” sê Akasia polisiewoordvoerder, Riana van Aarde.

Die vermeende diewe is glo baie doenig in die Amandasig-omgewing, maar het hul teikenarea verbreed na die noorde.

“Dis net ‘n kwessie van tyd voor hierdie diewe vasgevang sal word, met die GPF en gemeenskap wat saam met die polisie werk,” sê Van Aarde.

Sy waarsku inwoners egter om nie alleen die grypdiewe voor te keer of te konfronteer nie, maar dadelik die polisie, sektorpolisie of GPF in die area te skakel.

Persone wat inligting het oor die verdagtes kan die ‘stop misdaad’ nommer skakel by 08600 10111. Mense kan ook anoniem bly indien hul dit verkies.

* Sien hoe steel die grypdief ‘n nommerplaat en handsak:

Lees ook:

Grypdiefbende slaan weer toe

Grypdief-bende teiken strate

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button