Corlia Kruger
Vyf honde is die afgelope week in die noorde van Pretoria vergiftig.
’n Inwoner in Abercombiestraat vertel dat ’n buurvrou vyf honde verloor het nadat hulle vermoedelik die dodelike “two-step”-gif ingekry het.
Die inwoner, wat anoniem wil bly, sê dat daar “merkers” in die vorm van klippe voor die erf gelos is. Sy meen die klippe is tekens vir boosdoeners wat huise merk as teikens vir ‘n inbraak.
Die vrou wat haar honde verloor het, het aan bure gesê sy is nog te ontsteld om met die media te praat.
Nog honde is verlede maand vergiftig.
Johnny Hough (70) het sy vier-jarige Deense hond verloor na dié hond ook gif ingekry het. Dit het gevolg na ’n reeks inbrake en twee gewapende rooftogte in Jack Hindonstraat in Pretoria-noord.
’n Familie in Rietfontein het verlede maande twee van hul troeteldiere verloor. Nico en Gerda Fabricius moes van hul pragtige wolfhond-kruising en een-jarige Yorkshire Terriër afskeid neem toe hulle dieselfde aand vergiftig is.
Inwoners word gewaarsku teen die dodelike “Two-step”- gif wat meestal gebruik word om diere te vergiftig. Dit word versteek in vleis en net ’n knippie van hierdie gif is genoeg om ’n groot hond dood te maak.
*Sien die video van Gerda Fabricius se Laaste herinnering aan Beauty die wolfhond hier:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
