Boomwortels laat huis bars
‘n Gesin van Daspoort is bekommerd oor wat die wortels van ‘n boom aan hulle huis doen.
‘n Gesin in Daspoort wag nou al maande vir die Tshwane-metro om iets te doen aan boomwortels wat hul huis laat bars.
Sarel van Wyk sê hy het die metro in Mei vanjaar ingelig dat ‘n boom buite sy erf krake in die huis se mure veroorsaak.
“Die metro se mense was al ‘n paar keer hier en het gesê hul sal my huis regmaak en iets doen aan die wortels,” vertel hy.
“Die eerste persoon wat uitgekom het toe ek kla oor die wortels het vir my gesê ek moet nie bekommerd wees nie — hy gaan die fotos wat hy geneem het by die stadsraad ingee en die saak aanmeld.”
Van Wyk sê ‘n ander keer het werkers van die metro die betonmuur buite sy erf begin oopgrawe.
“Die mense het die boomwortels afgekap en gesê die wortels gaan nie meer groei nie, maar dit het weer gegroei en veroorsaak skade.”
‘n Navraag is aan die Tshwane-metro gestuur.
Kyk hier na die video:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
