Local newsMunicipalNews

Lekplek in noorde herstel

Lekkende waterpype word herstel, maar nog bars in die noorde van Pretoria.

Corlia Kruger

Die kopseer van ‘n ernstige waterlekkasie in die noorde van Pretoria is vir inwoners verby.

Dinsdag is ’n groot gedeelte van ’n waterpyp in Gerrit Maritz- en Ben Viljoenstraat herstel.

“Die herstelling het vier ure geneem, waar die ou asbespype uitgehaal en vervang is,” het plaaslike DA-raadslid Dana Wannenburg op die toneel vertel.

Munisipale werkers het hulself goed van hul taak gekwyt en die herstelwerk was teen die middag voltooi.

Die Tshwane-metro het sy hande vol met klagtes van lekkasies in die noorde en hierdié was een van die ergste.

Woensdag was die metro reeds besig met die opgradering van waterverskaffing-netwerke in verskeie omgewings in die noord.

Die verouderde infrastuktuur en asbespyppe wat nie meer die druk van massas water kan hanteer nie, word blameer vir die lekkasies wat kort-kort kop uitsteek.

“Die metro sal groot gebiede op ‘n keer moet afsper en al die pype vervang,” stel Wannenburg voor.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos naeditorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button