Local newsMunicipalNews

Spoedvrate vir inwoners ’n gevaar

Inwoners in Walterlaan, Waverley kla oor die snelhede waarteen motoriste in dié straat jaag.

Corlia Kruger

Inwoners van Walterlaan in Waverley sê hulle is keelvol vir spoedvrate wat dié straat as ’n renbaan gebruik.

“Mens moet elke dag jou lewe waag om uit jou eie oprit die straat in te draai,” vertel ‘n inwoner wat glo die probleem word al hoe erger.

Tania de Vente-Bijker sê sy sukkel die afgelope paar jaar om die Tshwane-metro se aandag op dié pad gefokus te kry, ondanks petisies en vele klagtes.

“Daar is geen spoedbeheer-maatreëls nie. As ’n mens kyk na die aangrensende strate, sien jy wel ’n paar spoedbulte om spoed te beheer,” sê De Vente-Bijker.

Sy kla dat motoriste wat dié straat gebruik gedurende spitstye padreëls verontagsaam en die snelheidsgrens oorskry.

“Tot die busse wat die straat gebruik ry, ongelooflik vinnig en steek selfs ander voertuie op die pad verby.”

In Februarie verlede jaar, nadat De Vente-Bijker DA-raadslid Frans Smith oor die saak genader het, is ’n petisie opgetrek met ’n eis om maatreëls om snelheid in the straat aan bande te lê.

“Daar is tot vandag toe geen spoedbult of enige sisteem in plek om spoed te help beheer nie,” sê De Vente-Bijker.

As ouer is sy bekommerd oor kinders wat met hul fietse in die straat ry.

“Die ander motoriste gee ‘n mens nie kans om in die straat in te draai nie en dis ’n ernstige gevaar vir ma’s met babatjies in hul motors.”

’n Epos is aan Tshwane metro gestuur om die saak onder hul aandag te bring en Rekord wag terugvoer af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button