Mareli Jooste, Viani Jansen van Vuuren, Sune Swanepoel en Jadine du Plessis.
Met groot opgewondenheid het dosyne vroue in hul pajamas deur Brooklyn Mall geparadeer om sterre van die nuwe gewilde Afrikaanse romantiese komedie Vir altyd te ontmoet.
Daar was ’n vlaag van pienk pajamas en pantoffels en gaste het ‘selfies’ saam met die rolprentsterre geneem. Die vroue is met ’n heerlike aarbei- of vanilla-melkdrankie en sjokolade-koekie verwelkom.
Jacaranda FM se Rian van Heerden het die vroue met ‘n paar grappies vermaak en pryse uitgedeel.
Die fliek het 20:00 begin en die vroue is elkeen aan die einde van die aand met ’n SPAR-geskenkpakkie verras.
Churani Stassen en Zelmarie Swanepoel het uitgehaal met hul nagpakkies.
Elisma Grobbelaar, Samantha Palm en Sumari Herbst.
Organiseerders Gerda van Schalkwyk en Retha Ingenbleek staan saam met die gasheer van die aand, Rian van Heerden.
Ivan Botha, Donnalee Roberts en Rian van Heerden oorhanding ‘n tjek van R25 000 aan Hanna Grobler.
Ivan Botha en Donnalee Roberts.
Ivan Botha en Donnalee Roberts oorhanding ‘n tjek van R 25 000 aan Hanna Grobler, stigter van die Hanna charity and Empowerment foundation.
Mareli Jooste, Viani Jansen van Vuuren, Sune Swanepoel en Jadine du Plessis.
Ivan Botha en Donnalee Roberts
Churani Stassen en Zelmarie Swanepoel het uitgehaal met hul nagpakkies.
Ivan Botha en Donnalee Roberts ontvang elk ‘n geskenkpak.
Jana de Wet en Elsie Dreyer staan tou om ‘n foto saam met die sterre te neem.
Ivan Botha en Donnalee Roberts.
Ashleigh Garrett by die Vir Altyd plakkaat.
Mareli Jooste, Ivan Botha, Donnalee Roberts, Viani Jansen van Vuuren, Sune Swanepoel en Jadine du Plessis staan almal saam vir ‘n lawwe foto.
Jua Greeff, Simone Gerber, Janie Nel en Juanece Oelofse het besluit om almal min of meer dieselfde aan te trek vir die lekker aand.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.