EntertainmentLifestyleNews

Skrywer stel sy SlaweHuis in Pretoria bekend

Andre Bouwer stel sy nuwe boek hier in Pretoria bekend.

Skrywer André Bouwer van SlaweHuis het Donderdagaand aan ’n groepie leergierige mense verduidelik hoekom hy hierdie storie beskryf as sy reis uit sy eie slawehuis.

Gaste het by Graffitti-boekwinkel, Lynnwood Bridge in die ooste van Pretoria opgedaag om sy verhaal te hoor.

“Dit gaan oor die stories agter die stories waarmee ek grootgemaak is. Maar dis ook ’n storie oor mý trek uit mý slawehuis. Gedurende hierdie trek het ek agtergekom dat dit makliker en geriefliker is om blindelings te glo as om te on-glo.

“Soos Josh Billings na bewering gesê het: ‘The problem with most people is not what they don’t know, it’s what they know that ain’t so’,” verduidelik Bouwer.

Bouwer beskryf die begin van sy nuuskierigheid in sy jongdae. Hy het moeilik vrede gemaak met kennis wat nie bevestig kon word nie, en wat hy maar net moes glo. Dit was veral op godsdienstige terrein waar hy die ondervinding gehad het dat mense God gebruik as verklaring op vrae wanneer hulle geen ander logiese antwoord het nie.

“Wanneer ’n mens dan heel aanvaarbare antwoorde opspoor weens gesonde belangstelling op ander gebiede, wonder jy oor die legitimiteit van al die ander antwoorde wat in die naam van God of onder die vaandel van godsdiens aan jou opgedis was,” sê hy.

Uit nuuskierigheid en belangstelling het Bouwer mettertyd kennis opgedoen oor die mitologie en geskiedenis van die Egiptenare, Sumeriërs, Grieke, Olmeks en Majas, wat na sy mening soos ’n goue draad deur beide die Ou en Nuwe Testamente van die Bybel strek. Hierdie kennis het deel uitgemaak van sy uitgebreide ondersoeke en navorsing.

Bouwer sluit af deur te verduidelik: “Die slawehuis waarna ek deurgaans in hierdie boek verwys, het egter nie net betrekking op Egipte van ouds nie. Dit slaan ook op ’n selfopgelegde verslawing aan, en ’n blinde geloof in, die letterlike interpretasie van stories wat deur mense in die naam van godsdiens en God vertel en geskryf is.

Om jou eksemplaar van SlaweHuis te kry, besoek gerus Graffiti-boekwinkel by Lynnwood Bridge.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button