Eldo’s sing hul harte uit by Eldo Zing
Hoërskool Eldoraigne het vanjaar hul eerste Eldo Zing-sangkompetisie aangebied en die standaard was van hoogstaande gehalte. Die naaswenners was Leandri Lensley en Danita van Heerden. Ruben Lötter het as wenner weggestap. Lötter maak vinnig naam vir homself as een van Pretoria se beste jong sangers. In 2013, by Barnyard’s Search for Talent Competition het hy …
Hoërskool Eldoraigne het vanjaar hul eerste Eldo Zing-sangkompetisie aangebied en die standaard was van hoogstaande gehalte.
Die naaswenners was Leandri Lensley en Danita van Heerden. Ruben Lötter het as wenner weggestap.
Lötter maak vinnig naam vir homself as een van Pretoria se beste jong sangers.
In 2013, by Barnyard’s Search for Talent Competition het hy pryse as Best new talent 2013 en Best performer losgeslaan.
Verlede jaar het hy by Dozi’s Back to the Roots saam met kunstenaars soos Kurt Darren, Chris Chameleon, Jak de Priester, Corlea Botha, Kevin Leo, Nadine, Jakkie Louw en Dozi opgetree.
Hy was ook genooi as gaskunstenaar vir Cansa Relay for Life asook vir Stone Studio’s International se The Heat is On-kompetisie.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.
