EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dis ek Anna die beste

Dis ek, Anna wen groot by Safta's.

Dis ek, Anna, die aangrypende rolprent oor die grootliks-taboe onderwerp van seksuele mishandeling, het die naweek skoonskip gemaak by die Safta-toekennings.

Die rolprent beeld gedeeltelik die ware verhaal van Anchien Troskie se sekuele teistering deur haar stiefpa uit en het die beste rolprent van die jaar-toekenning by die SA film and television awards (Safta) ingepalm.

Sara Blecher het met die toekenning vir beste regiseur weggestap en Marius Weyers het die toekenning vir beste onderstenende akteur gewen.

Die fliek het ook toekennings vir beste grimering, produksie-ontwerp en draaiboek gekry. “Ons is vir agt kategorieë genomineer en het ses daarvan gewen,” sê trotse uitvoerende regisseur Salomé le Roux.

Le Roux sê die doel met die verfilming van Troskie se verhaal was om bewusmaking van seksuele mishandeling aan die groot klok te hang. Sy sê sulke toekennings help om die boodskap selfs verder uit te dra.

Sy hoop die erkenning wat die rolprent en die span vir hul harde en uitstekende werk gekry het, daartoe sal lei dat meer mense die rolprent wil sien en daar gevolglik groter bewusmaking van dié maatskaplike euwel sal wees.

Dis ek, Anna is gegrond op die topverkoper boeke deur Troskie Dis ek Anna en Die Staat teen Anna Bruwer. Die hoofrol van die volwasse Anna is deur Charlene Brouwer vertolk en nuweling Izel Bezuidenhout het die jong Anna uitgebeeld.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button