CrimeLocal newsNewsUpdate

Skoonseun verskyn in hof na moord op geliefde pastoor

Stefan Visser maak Donderdag sy tweede hofverskyning in verband met die moord op pastoor Elsabe van Niekerk.

Andrea Küsel

‘n Jong man maak Donderdag 21 April sy verskyning in die Pretoria-landroshof in verband met die moord op pastoor Elsabe van Niekerk van die Moot.

Die 28-jarige Stefan Visser is die vermoorde pastoor se skoonseun en word van die moord verdink.

Hy sal na verwagting Donderdag vir borgtog aansoek doen.

Van Niekerk se lyk is verlede Maandag in Gezina by ‘n paneelklopperonderneming aangetref nadat sy 31 keer met ‘n mes gesteek is.

Visser is dieselfde dag in Rietdondale in hegtenis geneem.

In sy laaste hofverskyning was daar genoem dat Visser geskei is van die vermoorde pastoor se dogter, maar bronne na aan die ondersoek meen dat hulle steeds getroud is.

Die staat voer aan dat Visser se skoonpa die dag voor Van Niekerk se moord met hom in ‘n argument betrokke was omdat hy nie sy vaderlike verpligtinge nagekom het nie.

Die volgende dag het Visser en Van Niekerk oor dieselfde onderwerp rusie gemaak.

Die hof het gehoor dat Visser by die paneelkloppery met ‘n klapmus en ‘n vuisyster opgedaag het.

Dit was glo toe dat hy Van Niekerk doodgemaak het.

Die bure het glo ‘n video en foto’s geneem wat deur die polisie ondersoek word.

Visser het glo met ‘n motorfiets van die toneel gevlug en is later by die huis van sy huidige vriendin se ouma in hegtenis geneem.

Die saak word ondersoek deur die Wonderboompoort-polisie.

Van Niekerk was ’n pastoor by die Herlewingslig Sentrum in Zandfontein en ’n radio-omroeper by die radiostasie Rainbow Gospel Radio.

Nico en Corne Liebenberg van Rainbow Gospel Radio sê Van Niekerk was geliefd onder dié radiostasie se luisteraars.

“Ons het byvoorbeeld ‘n luisteraar in België wat elke oggend spesiaal baie vroeg opgestaan het om te luister na pastoor Elsabe se program: Begin vandag met God, wat elke weeksdag van 06:00 tot 07:00 uitgesaai is.”

“Ons harte is seer en daar is soveel vrae in ons gemoedere.”

Sy laat twee kinders en twee kleinkinders agter.

Sy het op haar profiel op Rainbow Gospel Radio geskryf dat haar kleinkinders haar hart se punt is.

“Oumie en oupie se hart se punt is ons pragtige twee kleinkinders. Glo my, ons word heeltemal om hul pinkies gedraai.”

Van Niekerk was ook ’n gospelsangeres en het drie albums agter haar naam. Sy was ook ’n motiveringspreker by seminare en vrouekampe.

Lees ook: 

Vermoorde pastoor se skoonseun aangekla

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

Familielid vas na moord op pastoor

Brutal murder hits Moot

Mutilated woman found dead

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button