Jong seun steeds vermis
’n 13-jarige seun word steeds vermis na hy Vrydag in die Pretoria-Noord omgewing verdwyn het.

‘n Tiener van Pretoria-Noord word steeds vermis nadat hy Vrydag verdwyn het.
Gerhard Helberg Cox (13) laas saam met twee maats in Pretoria-Noord gesien voordat hy vermis geraak het.
Hy is by die Moot-polisiekantoor as vermis aangemeld en die saak is na Pretoria-Noord polisie oorgeplaas vir verdere ondersoek.
Cox was geklee in ’n rooi baadjie en swart sweetpakbroek toe hy die laaste keer gesien is.
Dessie Rechner van The Pink Ladies, wat gemoeid is met die opsporing van vermiste mense, raai mense aan nie te talm wanneer iemand wegraak nie.
“Daar is geen wagtydperk om iemand as vermis aan te meld nie.”
Rechner sê mense kan onmiddelik hul naaste polisiekantoor inlig of The Pink Ladies skakel om mense as vermis aan te gee.
Die polisie benodig ’n volledige beskywing en ’n foto van die een wat verdwyn het.
Ander inligting soos ’n ID-nommer of voertuig registrasie kan polisie help om die vermiste mens goueer op te spoor.
Enigiemand wat weet waar Cox is, kan die Pretoria-Noord polisiekantoor skakel by 012-353-5600 of The Pink Ladies by 072-214-7439 of 083- 378-4882.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
