Moot se watertoevoer binnekort herstel
Die toevoerwaterpyp is tans besig om gevul te word.

Nadat groot dele van die Moot vir byna vier dae sonder water gelaat is, is daar nou lig aan die einde van die tonnel.
Watertoevoer in Riviera, Rietondal, Prinshof en Arcadia sal spoedig herstel wees, sê raadslid Juanita du Plooy.
Toevoerpype is van vroeg Vrydagmiddag af gevul.
“Die water moet dan opstoot om die reservoirs te vul,” sê sy.
“Ek kan nie presies sê hoe laat die water ten volle herstel sal wees nie.”
‘n Bars in ‘n waterpyp op die hoek van Hamilton- en Francis Baardstraat in Arcadia het die onderbreking veroorsaak.
“Hierdie is nie ’n netwerkprobleem nie, maar die gevolg van ’n lekplek in ’n toevoerpyp van die departement van water en sanitasie se ‘Bulk Water’-afdeling,” sê Du Plooy.
Watertenks is vir inwoners beskikbaar gestel in die gebiede wat geraak is deur die onderbreking.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
