Local newsMunicipalNews

‘Groen strook’ in gedrang oor onwettige ingang

Inwoners van Wonderboom-Suid is die hoenders in oor dié inwoner wat die ‘groen strook’ in gevaar plaas.

’n Wonderboom-Suid-inwoner kan dalk binnekort sy vingers brand nadat hy ’n onwettige ingang na sy erf gemaak het.

Die inwoner in 12de laan het ’n onwettige ingang na sy eiendom gebou wat na ’n spruit-area agter sy huis lei.

Raadslid Elmarie Linde sê dit is onwettig om sulke ingange te maak sonder toestemming, veral omdat dit na die sogenaamde ‘groen strook’ lei.

Linde sê enige riviere, spruite en berggebiede in stadsgebied word as sogenaamde groen stroke beskou .

“Hierdie groen stroke word almal beskerm deur wetgewing.”

Luister na die klankgreep:

Ontstoke inwoners, wat anoniem wil bly vir veiligheidsredes, sê dié inwoner het munisipale houtpale verwyder wat gedien het as afbakenings.

“Die man het die houtpale uit die grond gehaal wat keer dat mens na die spruit se kant kan ry. Hy het die pale binne in die rivier gegooi. Nou ry daar bakkies en karre deur die park waarin die spruit is,” sê een inwoner.

Afgesien van die onwettige ingang word daar nou ook rommel buite dié onwettige ingang gestrooi.

“Dit blyk dat die inwoner ook sake vanuit sy huis bedryf. Sy werkers eet buite die ingang in die park. Hulle los dan plastiek net daar waar hulle geëet het en urineer ook in die bosse.”

’n Ander inwoner sê daar is ’n hoop grond buite die onwettige ingang afgelaai en dat daar nou ’n aanmekaargeflanste grondpad gebou is.

“Ons het juis hier kom bly oor die pragtige uitsig en stilte. Nou vermors hierdie man die spruit-area. Dit is chaoties.”

Linde het inwoners aangemoedig om dadelik enige storting, rommelstrooiing of sluipslapers aan te meld indien hulle dit in een van hierdie groen stroke gewaar.

“Daar is ook ’n probleem met inwoners wat vullis oor hulle mure gooi binne in hierdie groen stroke.”

Die Tshwane metro het teen die tyd van publikasie nog nie kommentaar gelewer nie.

Lees ook: 

Moot-tiener gedra voor operasie

Verdagte in pastoor se moord in hof

Man sterf in hoofweg drama

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button