Local newsMunicipalNews

Moot-parke weer skoon

Tydens ’n skoonmaak-projek deur die Moot is verskeie openbare parke opgeruim.

Openbare parke in die Moot is weer ordelik en netjies nadat polisie en inwoners ingespring het om onwettige skuilings en vullis te verwyder.

Die skoonmaak-operasie is Woensdag aangepak deur metro-polisie, lede van die Moot-polisiekantoor en inwoners.

Adjudant-offisier Anton Breedt van die Moot-polisiekantoor sê die inisiatief vorm deel van die polisie se misdaadvoorkoming-projekte.

“Dit volg na ’n operasie waar daar op verskeie vermoedelike gesteelde items beslag gelê is in die omgewing,” verduidelik Breedt in ’n persverklaring.

Die aksie was ook daarop gemik om onwettige skuilings te verwyder uit parke, waar kriminele hulself kan tuismaak,

“Die gebied van 16e laan af tot in Johan Heyns is te voet deur lede van die polisie en metro-polisie gefynkam,” sê Breedt.

“Nege lede van die Moot-polisie, 24 metro-lede en agt lede van Tshwane afvalbeheer-departement het met twee vragmotors en ’n bakkie beslag gelê op verskeie items in die parke en materiaal verwyder wat gebruik word om onwettige skuilings te skep.”

Minstens een onwettige immigrant in hegtenis geneem en nog agt mense weens minder ernstige oortredings.

Lees ook:

Waterlekkasies duur voort

Metro sê bejaarde moet self grassny

Moot-swembad gesluit

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button