Local newsMunicipalNewsUpdate

Waverley-water eers later onderbreek

“Die water gaan steeds onderbreek word maar nie op die 30ste Junie nie.”

’n Beplande wateronderbreking in Waverley sal dalk eers later plaasvind.

Raadslid Frans Smith sê die onderbreking is aanvanklik vir 30 Junie geskeduleer.

“Die water gaan steeds onderbreek word, maar nie meer op 30 Junie nie.”

Volgens Smith sal inwoners weldra in kennis gestel word van die nuwe datum.

“Ons is op die oomblik nie seker wanneer die watertoevoer onderbreek sal word nie. Dit sal ongeveer 48 uur duur, dalk minder.”

Volgens Smith word ’n waterpyp gebou om sowat vyf reservoirs in Breyerlaan te voed.

Die water kom van Garsfontein af en moet op dié dag getoets word.

“Die watertoevoer sal afgesny word sodat die nodige werk aan die pyp gedoen kan word.”

Smith sê hy hoop daar word ook iets gedoen aan ’n waterlekkasie in Trumperstraat en Walterlaan.

“Die waterpyp ter sprake is deel van die Bulk Water waterpyplyn wat deur Waverley loop. Dit is dus die verantwoordelikheid van Bulk Water om dié lekkasie te herstel,” sê Smith.

Smith sê Bulk Water is in kennis gestel van die waterlek en sal hopelik die probleem binnekort herstel.

“Inwoners kan hulself egter voorberei op nog ‘n wateronderbreking wanneer Bulk Water dié pyp regmaak.”

Dit is nie duidelik wanneer Bulk Water die pyp sal herstel nie maar Smith meen die proses kan tot twee dae duur.

Lees ook: 

Water in Waverley getref

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button