Steeds nag in die noorde
Inwoners in die noorde van Pretoria kla na maande steeds oor onklaar straatligte.
Inwoners in die noorde van Pretoria is steeds in die duister oor wanneer straatligte in hul omgewing herstel sal word.
Akasia- en Pretoria Noord-inwoners is moedeloos oor straatligte wat na maande nog buite werking is.
“Dis nou al meer as twee maande dat die ligte af is in Scott- en Lindeboomstraat in Orchards,” vertel Akasia-inwoner Danie Gouws.
Hy sê sy grootste kommer is dat die donker strate kan lei tot padongelukke.
“My huis staan op die hoek. As jy nie weet dat daar ’n byna 90º draai in die pad is nie, kan jy ’n groot ongeluk veroorsaak,” sê Gouws.
“Dit het al gebeur dat ’n bestuurder die draai te laat sien en oor die sypaadjie op die los sand gly.”
“Gelukkig kon die bestuurder weer beheer van die voertuig kry voor hy teen die heining gebots het.”
Gouws sê hy het die probleem van onklaar straatligte aangemeld sonder enige welslae.
In Pretoria-Noord, is inwoner David Pieterse ewe raadop met straatligte buite werking.
“Ek het verlede jaar in September die straatligte aan die Tshwane-metro gerapporteer,” vertel Pieterse.
“My laaste epos aan hulle het ek op 21 Junie gestuur. Ek het geen terugvoer ontvang nie.”
Pieterse het ’n lys van lamppaalnommers en strate aangeteken waar straatligte buite werking is.
Bergweg, Florauna- Danie Theron-, Suider- en Jan van Riebeekstraat, sê hy in sy epos-boodskappe aan die metro, is steeds sonder lig saans.
“Dit veroorsaak ook ’n probleem met misdaad in die omgewing,” sê Pieterse.
“Volgens die GPF-groepe is daar veral ’n tendens opgemerk van hekmotors wat gesteel word in die strate sonder ligte.”
Rekord het ’n versoek vir kommentaar aan die metro gerig en wag op terugvoer.
Lees ook:
Donker strate, fietsryer se nagmerrie
Donker dae sonder water in die noorde
Rekord het ’n versoek vir kommentaar aan die metro gerig, maar geen terugvoer is voor druktyd ontvang.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

