Local newsMunicipalNews

‘Vloede’ in Akasia na waterpype bars

“In ’n paar dae het verskeie waterpype gebars en gallone water het soos ’n rivier in die strate afgesoel.”

Dit lyk amper asof waterlekkasies die noorde van Pretoria wil verswelg nadat verskeie waterpype die naweek in Akasia gebars het.

“Die jongste lekkasie is Sondagoggend aangemeld op die hoek van Skipperstraat en Terrierlaan,” sê wykraadslid Marnette Sutherland.

“Die water loop nog steeds,” het sy Maandagoggend bevestig.

Sutherland het die probleem van lekkasies in verskeie dele van Akasia skaars ‘n week gelede geopper.

Maandelange lekkasies in Suricate-, Ietermagog- en Badgerstraat het Akasia-inwoners moedeloos gehad.

Daar is eers onlangs herstelwerk gedoen aan waterpype in die omgewing, het Sutherland gesê.

Verlede Vrydag het ’n groter waterlekkasie letterlik kop uitgesteek.

“Die water spuit meters hoog uit die grond uit,” het Sutherland Vrydagmiddag vanaf die toneel gesê.

Inwoners in die Heatherdale-omgewing sê dié probleem is eers ure later herstel.

Saterdag het inwoners vertel van nog ’n “reuse-waterprobleem” in Clarina op die hoek van Daan de Wet Nel- en Theronstraat.

Sien video:

“Daar was oral water,” vertel een van die inwoners.

“Dit het gelyk of die water die teer in die pad begin opstoot het. Die water het uitgeborrel uit die krake op die teerpad.”

Sutherland sê Sondag is die jongste lekkasie is Sondag opgemerk in Skipperstraat en Terrierlaan in die Eldorette omgewing.

“Waterlekkasies moet onmiddelik herstel word om watervermorsing te voorkom,” sê Sutherland.

“Die probleem is dat Tshwane-metro ’n tender het vir al die masjienerie wat gebruik word om waterpype te herstel en hiérdie tender het verval.”

Nadat sy navraag gedoen het, is sy in kennis gestel dat “kontrakte nie hernu is vir die nuwe maand nie”.

Sutherland sê sy het onlangs weer terugvoer gekry en het bevestig dat kontrakte egter verleng word.

“Die tenders sal blykbaar verleng word tot en met die einde van die maand waarna die nuwe tender oorneem.”

Sutherland sê met waterbeperkings en verskeie dele wat die afgelope weke sonder water gelaat is, is dit noodsaaklik dat lekkasies onmiddelik herstel word.

Klagtes oor waterlekkasies kan per epos gestuur word na Tshwane-metro: waterleaks@tshwane.gov.za of water1@tshwane.gov.za.

Lees ook: 

Waterlekkasie nagmerrie in die noorde

Waterlekkasie-skade vir sakeondernemings

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button