Dit was op die 208e dag van sy koma dat Richard van der Nest (16) ’n paar dae na Kersfees dood is.
Die hartseer nuus van sy dood is op sosiale media bekend gemaak.
Richard se ma Lee-Ann het met trane in haar stem aan Rekord gesê dat sy en haar man, Neels, by die hospitaal was met die tyd van sy dood.
Lees ook: Gebede vir seun in koma
Richard het vroeg in Junie ernstige kopbeserings opgedoen toe hy van ’n bewegende bakkie afgeval het in die Bultfontein-omgewing, noord van Pretoria.
Na talle operasies en prosedures het die familie hoop gehad dat Richard weer volkome sou herstel.
Pa Neels het vroeër met Rekord gedeel hoe Richard, in sy koma, op familie-lede se stemme reageer.
“Staan op my seun, staan op,” was Neels se woorde op ń video wat wys hoe Richard beweeg en byna regop sit in die hospitaal bed.
Lees ook: Seun in koma reageer op pa se stem
Lees ook: Operasie op seun in koma ‘n sukses
“Hierdie vegtertjie het aanhou baklei…” het ’n vriendin van die familie hartseer gesê.
Richard se toestand het na maande onveranderd gebly.
Vroeër in Desember het hy ’n suksesvolle operasie ondergaan waarin ’n gedeelte van sy skedel teruggeplaas is.
Dié gedeelte van sy skedel is na die ongeluk verwyder om die swelling op sy brein te verlig.
Die familie het met nuwe hoop uitgesien na die dag wat Richard sou wakker word.
Lees ook:Hoop vir seun na 22 weke
Op Kersdag het hy egter skielik ’n terugslag gehad.
Lee-Ann het op ’n Facebook-gebedsgroep gedeel dat daar kommer is oor infeksie.
Richard is toe van die Lynnmed-rehabilitasiesentrum na Steve Biko hospitaal oorgeplaas en met die agteruitgang van sy toestand na die hoësorgeenheid van Life Wilgers hospitaal.
Hy is om 16:40 gister dood.
Boodskappe van gebede en medelye het intussen op sosiale media ingestroom:
Lees ook: Tienerseun steeds in koma

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.


