Beloftes oor Afrikaans wankel
Die skool wil steeds die ure verleng om plek te maak vir ekstra klasse.
Dit lyk of beloftes oor die toekoms van Afrikaans in Laerskool Meyerspark in die weegskaal is.
Ouers sê die skoolhoof het skynbaar planne om Afrikaans as onderrig met ’n ompad af te skaf.
LEES OOK: Afrikaans leef voort in Laerskool Meyerspark
“Hy het ouers die afgelope Desember-vakansie gebel met allerhande nuwe voorstelle,” sê hulle.
Die skool het sowat 1 200 leerders waarvan net 121 Afrikaanssprekend is.
Die skool is 53 jaar gelede as ’n Afrikaanse instelling gestig. Dit het in 2009 oorgeskakel na parallel-medium-onderrig
Teen die einde van die vorige skooljaar het die provinsiale onderwysdepartement opdrag gegee dat Afrikaans voorlopig as onderrigtaal behou moet word.
Woordvoerder Oupa Bodibe gesê die medium van onderrrig en ander kernsake kan nie sonder die goedkeuring van die ouers verander word nie.
LEES OOK: Afrikaans sneuwel in laerskool
Die skool se beheerliggaam het ouers in November uit die bloute meegedeel dat Afrikaans as onderrigtaal tussen graad 2 en -6 hierdie jaar gaan verdwyn.
Die liggaam het hulle ook ingelig dat die skool ’n nuwe embleem, uniform en ure gaan kry.
Die ouers het beswaar by die onderwys-owerhede aangeteken – wat gelei het tot Bodige se ondernemings.
In sy gesprekke met ouers die afgelope vakansie het die hoof aan ouers voorgestel dat Afrikaanse en Engelse leerders by dieselfde klasse ingedeel word.
“Sy voorstel is dat een helfte van die klas in Afrikaans en die tweede helfte in Engels aangebied word,” vertel ouers.
“Hoe gaan dit werk? Dit gaan mos nie werk nie. Dis niks anders nie as ’n manier om Afrikaans by die agterdeur uit te dwing.”
LEES OOK: School becoming Afrikaans
Die beheerliggam beoog ook om die skool se ure steeds te verander, iets wat heftige teenkanting ontlok.
“Ons sal dit nie duld. Ons kan nie sien hoe die kleiner kinders die mas gaan opkom nie,” sê ouers.
“Die dag geen eenvoudig te lank wees vir hulle.”
Die beheerliggaam sou ouers op 18 Januarie ontmoet het, maar het die vergadering onbepaald uiitgestel.
“Hulle wil steeds hê dat die skoolure verleng moet word vanaf 7.30 tot 16.00 elke dag vanaf die tweede kwartaal,” sê die Afrikaanse ouers
“Daar is mense wat sê dat ons nie ’n kans staan om te wen nie, want ons is in die minderheid. Maar dit wat ons al reggekry het, bewys ons kan enigiets regkry.”
Bodibe het in Desember gesê: “Die beheerliggaam moet eers konsultasies vroeg volgende jaar met die 121 ouers hou en slegs as hulle instem, kan Afrikaans in fases begin uitfasseer word. Dit kan egter jare duur.”
Die Gauteng se departement van onderwys is verskeie kere om kommentaar op die nuwe verwikkelings genader, maar het teen druktyd nog nie reageer nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
