MunicipalNews

Moot erf verswak drasties

“Ons muur is besig om te kantel omdat die grond te sag word as gevolg van die massa riool."

’n Erf in Kilnerpark in die Moot veroorsaak nog steeds diepe kommer onder inwoners.

Rekord het voorheen berig dat hierdie erf bestaan uit ’n onvoltooide huis en haglike lewensomstandighede.

’n Inwoner, wat anoniem wil bly, sê omstandighede het sedert die laaste berig drasties vererger.

Weens ’n verstopte drein, borrel riool oor op die erf en loop dan in Lynettestraat af, waar hierdie erf geleë is.

Die inwoner sê daar word rommel in en om die erf gestrooi.

LEES OOK: Moot erf ’n groot gevaar

Die enkele munisipale drom is eenvoudig nie groot genoeg vir die aantal mense wat daar woon nie.

Sy voeg by dat hierdie mense al ses jaar lank op die erf woon.

“Ons muur is besig om te kantel omdat die grond te sag word as gevolg van die massa riool. Ons lewe ook met ’n permanente stank wat van die erf afkomstig is,” sê sy.

“Somtyds steek hulle ook die rommel aan die brand.”

Die inwoner sê een van die houthuisies het verlede week aan die brand geslaan.

Sy het in ’n vorige berig gesê die eienaar het aan haar vertel dat sy kamers in die huis aan mense wat dit nie kan bekostig nie beskikbaar stel.

LEES OOK: Diepe kommer oor vervalle erf in Moot

“Die erf het ’n probleem begin word toe die huis se vorige eienaars die huis verkoop het,” sê sy.

“Die huidige eienaar het opknappings aan die huis en erf begin doen, maar toe die geld opraak, los sy alles net so en laat huurders intrek.”

Maar, sy voeg by dat nuwe ’n nuwe eienaar nou die erf oorgekoop het.

Rekord kon nie die eienaar in die hande kry vir kommentaar teen druktyd nie.

DA-raadslid van die wyk, Roelof Fourie, sê hy sal ondersoek instel om ’n inspekteur by die erf uit te kry.

LEES OOK: Moot-seeroog op pad uit?

“Die riool probleem kan intussen net deur die omliggende inwoners aangemeld word – ek is seker die sanitasie-mense sal kan gaan kyk,” sê hy.

“Omdat dit ’n private eiendom is, sal die metro eers ondersoek moet instel. Indien enige verordeninge oortree is, mag boetes uitgereik word.”

Sou dwelms betrokke wees, sal die polisie ingeroep moet word.

Fourie sê dit is die eienaar se verantwoordelikheid om die eiendom in stand te hou.

Teen druktyd was geen kommentaar was van die Tshwane-metro ontvang nie.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button