GalleriesLocal newsNews

Nuwe skoonmaak konsep in die Moot

My City Hour behels dat elke inwoner net hulle gedeelte van hulle erf tot by die pad skoon maak.

’n Splinternuwe konsep om die omgewing te bewaar en op te ruim sal binnekort lig in die Moot sien.

Hierdie konsep is die breinkind van DA-raadslid Roelof Fourie en oudraadslid Rita Aucamp en sal voor die einde van die jaar afskop.

LEES OOK: VIDEO: Nuwe konsep om misdaad te beveg in die Moot

Fourie sê die idee agter My City Hour is om elke inwoner te kry om in te spring en te help opruim.

“Dit sal die metro baie lank neem om genoeg geld te hê om alles te kan doen wat nodig is,” sê hy.

“Op die oomblik stort mense meer vullis as wat die metro kan byhou om skoon te maak. Dan om nie eers te praat van oorgroeide oop gebiede nie.”

Hy sê die metro het eenvoudig nie genoeg toerusting om by alles uit te kom nie.

“Daar staan op rekord by ons register dat daar ’n sekere aantal van elke toerusting moet wees, maar daar is heelwat wat net spoorloos verdwyn het,” sê hy.

“En dit wat ons het, is net die helfte daarvan in werkende toestand.”

Fourie sê My City Hour behels dat elke inwoner net hul gedeelte van hul erf tot by die straat skoonmaak.

“Dit kos ’n gewone werker omtrent R25 om per uur te werk,” sê Fourie.

“As elke inwoner net een uur per maand van hul tyd gee beteken dit dat ons R25 per persoon elke maand sal spaar.”

Fourie moedig alle inwoners van sy wyk aan om deel van hierdie konsep te wees.

LEES OOK: Skoonmaak veldtog in die weste geloods

’n Handjie vol inwoners van Kilnerpark het Saterdagoggend bymekaar gekom om die omgewing skoon te maak.

Misdaadaktivis in die gebied, Siva Sivakumar sê die aksie het omtrent 08:00 in Owenlaan afgeskop.

Met behulp van die metro, het inwoners sakke vol vullis verwyder.

“Hierdie is ook ’n baie goeie manier om jou bure te leer ken,” sê hy.

Sivakumar sê daar sal beplande skoonmaakaksies elke maand plaasvind.

“As jy nie kan kom nie, probeer die omgewing skoon hou voor jou eie huis. Só sal ons meer gebiede dek,” sê hy.

“Alleen kan ons nie veel doen nie, maar saam kan ons baie meer doen.”

Vir meer inligting oor My City Hour kan Fourie geskakel word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button